Opul+ kan nie ooreenkom oor produksie nie

Dit wil voorkom asof ru-olie produksie in limbo is. Opul+ het vergader en die lede kon nie ooreenkom oor die pad vorentoe nie. Die heersende Delta-variant maak voorspellings oor aanvraag vir olie baie moeilik en volgens berigte wou Rusland en van sy bondgenote, wat onder die ‘plus’ van Opul+ val, produksie op huidige vlakke hou terwyl Opul self produksie wou aanpas. Die onvermoë van die produsente om ooreen te kom het weer die prys van olie vandag opgestoot, soos die Suid-Afrikaanse beleggings ekonoom Dawie Klopper verduidelik.