Sosiale media: Noorweë maak wet dat jy oor foto-aanpassings, -filters moet sê

Noorweë is volgens internasionale media die eerste land in die wêreld wat wetgewing van krag gemaak het wat ‘n kennisgewing eis op alle foto’s wat aangepas is. Sogenaamde ‘influencers’ op sosiale media moet aandui watter aanpassings op foto’s gemaak is en watter foto-filters gebruik is anders kan hulle nie die foto’s plaas nie of, indien wel, kan hulle vervolg word. Die wetgewing is van toepassing op alle sosiale media platforms in ‘n poging om druk op jong mense om altyd perfek te lyk, te verlig.