Nog baie water onder die brug voor Guptas vas is

‘n Suid-Afrikaanse kenner in polisiekunde, Guy Lamb, sê baie moet nog gebeur nadat ‘n persoon weens ‘n rooi kennisgewing in hegtenis geneem is. Dit volg nadat Interpol sogenaamde rooi kennisgewings uitgereik het vir die inhegtenisneming van die broers Atul en Rajesh Gupta en van hulle vennote vir beweerde bedrog. ‘n Rooi kennisgewing is ‘n versoek aan wetstoepassingsbeamptes wêreldwyd om ‘n persoon op te spoor en voorlopig in hegtenis te neem hangende uitlewering, oorgawe of soortgelyke regstappe: