Ekonomiese aktiwiteit is steeds traag

Ekonomiese aktiwiteit is steeds gedemp al is daar rekord lae rentekoerse. Ekonome meen dat individue en besighede of nie bereid is nie, of hulle is nie in ‘n posisie om beleggings te maak nie. Dus meen hulle dat ekonomiese herstel verder vertraag sal word. Dr. Jacob Nyambe, dekaan by Unam se ekonomiese fakulteit sê verbruikers hou fondse terug en is huiwerig om geld te leen.