Vyfde-variant opgemerk

Nog ‘n Covid-variant is geïdentifiseer en het reeds versprei. Volgens Britse media is die Lambda-variant, wat na berigte eers in Peru opgemerk is, reeds in die Verenigde Koninkryk met ses positiewe gevalle. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die variant reeds op 17 June geklassifiseer. Dit is die vyfde variant, naas Alpha van Brittanje, Beta van Suid-Afrika, Gamma van Brasilië en Delta van Indië. Delta is tot dusver die enigste een wat meer aansteeklik is. Wetenskaplikes sê variante is ‘n normale aanpassing van enige virus, nes die griep virus wat elke jaar effe anders voorkom.