Swakop naeltegnikus wen internasionale kompetisie

Martie Keeve, ‘n naeltegnikus van Swakopmund het ‘n internasionale kompetisie, die ‘Bio Skills Art Challenge2, Around the world with Bio’ gewen. Evogel Kanada het die wêreldwye kompetisie van stapel gestuur en tegnikuste kon naelkuns, wat hulle lande verteenwoordig, indien. Keeve het ‘n beeld van Kolmanskop by Lüderitz, ‘n kudu, Sossusvlei, ‘n Himba-vrou en die jetty in Swakopmund uitgebeeld. Beoordelaars van Suid Afrika, Kanada, Holland en Ghana het haar as wenner gekies Kosmos 94.1 Nuus het met Keeve gepraat.

Sy verduidelik hoe kunswerk op so klein oppervlak geskep kan word.