Rassistiese kommentaar teen Britse sokkerspelers veroordeel
Engeland se Sokkervereniging het die rassistiese kommentaar op Marcus Rashford, Jadon Sancho en Bukayo Saka ná gister se Euro 2020-nederlaag teen Italië op Wembley-stadion ten sterkste veroordeel. Die drie spelers het strafdoele vir Engeland gemis in die 3-2-strafdoel nederlaag en is daarna op sosiale media aan rassistiese opmerkings onderwerp. Die vereniging sê diegene wat sulke […]
Geweld in SA is krimineel…
Spanning in dele van Suid-Afrika veral Gauteng en KwaZulu-Natal is steeds hoog nadat winkels oornag en vanoggend geplunder is. Die geweld het ná die gevangenisstraf van die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma begin. Daar is ook reeds ‘n beroep op die buurland se regering gedoen om ‘n noodtoestand te verklaar. Volgens professor Andre Duvenhage, politieke […]
Bek- en klouseer is steeds ‘n uitdaging
Die beheer van bek-en-klouseer in die Zambezi-streek bly volgens die goewerneur van die streek ‘n uitdaging. Volgens Lawrence Sampofu, hou sommige veeboere nie by die reëls en voorskrifte van die ministerie in die verband nie. Hy verduidelik die situasie op die oomblik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Nanso reageer op aangepasde varsity-toelating
Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese onderwysministerie dat matrikulante wat universiteitstoelating wil bekom, vanaf 2022 ten minste 27 punte in vyf vakke moet behaal. Ester Shakela, die woordvoerder van die plaaslike studente organisasie Nanso, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Wees rustig, entstowwe is op pad
Lede van die publiek moet geen kommer hê oor die tekort aan entstowwe in die land nie. Dit is die mening van die Namibiese gesondheidsministerie. Die Khomas-lokaal by die Katutura verpleërsaal, wat die enigste inentingslokaal in die streek was, is ook reeds sonder voorraad. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die ministerie Petronella Masabane het met Kosmos […]
Mense sal oor 30 jaar minder word – Ipsos
‘n Verslag deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, sê die wêreldbevolking sal oor ongeveer drie dekades begin afneem. ‘n Woordvoerder van Ipsos, Mari Harris, sê onlangse berekeninge toon die huidige wêreldbevolking van 7,8 miljard mense sal nog tot sowat 8,5 miljard toeneem, voordat dit sal begin daal. Die wêreldbevolking sal dan aan die einde van die eeu […]
Hou veediefstal van sosiale media af
Boere in Suid-Afrika word gemaan om nié inligting oor gevalle van veediefstal op sosiale media-platforms te plaas nie. Die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie het dié beroep op boere gedoen en gevra dat hulle met die polisie sal saamwerk om hierdie sake op te los. Die organisasie sê die boere maak met hul plasings te veel inligting […]
Napwu sê hy weet nie van NWR nie
Die openbare werkers vakbond Napwu sê hy is nie ingelig oor salarisbesnoeiings by die NWR nie. Die maatskappy het verlede week aangekondig dat hy die maatreël, gepaard met korter werksure moet toepas as gevolg van die voortslepende pandemie. Die uitvoerende hoof van die NWR dr. Matthias Ngwangwama het aan plaaslike media bevestig dat die korrekte […]
Klimaat en ekonomie… daar is die uitdaging
Die president van die Sentrale Europese Bank, Christine Lagarde, het by die Internasionale Klimaatsveranderingskonferensie in Venesië gesê klimaatsverandering en die oorgang na ‘n koolstof-neutrale ekonomie bied wesenlike uitdagings vir die wêreldwye ekonomie. Lagarde sê klimaatsverandering het gevolge vir die sentrale bank in die vervulling van sy hoofdoel om prysstabiliteit te verseker. Sy sê sónder enige […]
Baie koue toestande word die week voorspel
Ekstreme weerstoestande word vandeesweek in verskillende dele van Namibië verwag. ‘n Waarskuwing van die weerkantoor, maan oor die uiters koue weer hierdie week. Richard Nashikaku van die weerkantoor in Windhoek het meer.