Wees rustig, entstowwe is op pad

Lede van die publiek moet geen kommer hê oor die tekort aan entstowwe in die land nie. Dit is die mening van die Namibiese gesondheidsministerie. Die Khomas-lokaal by die Katutura verpleërsaal, wat die enigste inentingslokaal in die streek was, is ook reeds sonder voorraad. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die ministerie Petronella Masabane het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.