Mense sal oor 30 jaar minder word – Ipsos

‘n Verslag deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, sê die wêreldbevolking sal oor ongeveer drie dekades begin afneem. ‘n Woordvoerder van Ipsos, Mari Harris, sê onlangse berekeninge toon die huidige wêreldbevolking van 7,8 miljard mense sal nog tot sowat 8,5 miljard toeneem, voordat dit sal begin daal. Die wêreldbevolking sal dan aan die einde van die eeu gelyk wees met die huidige syfers. Harris wys daarop dat Afrika se bevolking vinniger sal groei as in die meeste ander wêrelddele. Sy sê situasie sal die omgewing geweldig knou.