Rassistiese kommentaar teen Britse sokkerspelers veroordeel

Engeland se Sokkervereniging het die rassistiese kommentaar op Marcus Rashford, Jadon Sancho en Bukayo Saka ná gister se Euro 2020-nederlaag teen Italië op Wembley-stadion ten sterkste veroordeel. Die drie spelers het strafdoele vir Engeland gemis in die 3-2-strafdoel nederlaag en is daarna op sosiale media aan rassistiese opmerkings onderwerp. Die vereniging sê diegene wat sulke swak gedrag toon, is nie welkom om die span op sosiale media te volg nie. Afrigter Gareth Southgate sê spelers behoort nie blameer te word as hulle strafskoppe mis nie: