Napwu sê hy weet nie van NWR nie

Die openbare werkers vakbond Napwu sê hy is nie ingelig oor salarisbesnoeiings by die NWR nie. Die maatskappy het verlede week aangekondig dat hy die maatreël, gepaard met korter werksure moet toepas as gevolg van die voortslepende pandemie. Die uitvoerende hoof van die NWR dr. Matthias Ngwangwama het aan plaaslike media bevestig dat die korrekte prosedure, ingevolge die Arbeidswet gevolg is. Napwu se sekretaris-generaal Petrus Nevonga sê hy moet gekonsulteer word as sy lede se diensvoorwaardes verander word.