Nanso reageer op aangepasde varsity-toelating

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese onderwysministerie dat matrikulante wat universiteitstoelating wil bekom, vanaf 2022 ten minste 27 punte in vyf vakke moet behaal. Ester Shakela, die woordvoerder van die plaaslike studente organisasie Nanso, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.