Geweld in SA is krimineel…

Spanning in dele van Suid-Afrika veral Gauteng en KwaZulu-Natal is steeds hoog nadat winkels oornag en vanoggend geplunder is. Die geweld het ná die gevangenisstraf van die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma begin. Daar is ook reeds ‘n beroep op die buurland se regering gedoen om ‘n noodtoestand te verklaar. Volgens professor Andre Duvenhage, politieke ontleder in Suid-Afrika, raak hierdie geweld Suid-Afrika op plaaslike en internasionale vlak.