Hou veediefstal van sosiale media af

Boere in Suid-Afrika word gemaan om nié inligting oor gevalle van veediefstal op sosiale media-platforms te plaas nie. Die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie het dié beroep op boere gedoen en gevra dat hulle met die polisie sal saamwerk om hierdie sake op te los. Die organisasie sê die boere maak met hul plasings te veel inligting bekend wat kan lei tot die verswakking van die sake, omdat dit tyd neem vir die polisie om hul ondersoeke af te handel.