Klimaat en ekonomie… daar is die uitdaging

Die president van die Sentrale Europese Bank, Christine Lagarde, het by die Internasionale Klimaatsveranderingskonferensie in Venesië gesê klimaatsverandering en die oorgang na ‘n koolstof-neutrale ekonomie bied wesenlike uitdagings vir die wêreldwye ekonomie. Lagarde sê klimaatsverandering het gevolge vir die sentrale bank in die vervulling van sy hoofdoel om prysstabiliteit te verseker. Sy sê sónder enige verdere klimaatsbeleidsrigtings, staar die mees kwesbare tien-persent van banke ‘n 30 persent verhoging in die gesig ten opsigte van die waarskynlikheid van verstek in hulle krediet-portfolios tussen nou en 2050.