NIMT moordverhoor duur voort

Die moord verhoor van Ernst Lichtenstrasser duur vandag voor Regter Christie Liebenberg voort. Luidens die jongste berigte is die uitslae van DNS toetse onder die loep in die Hoërhof. Daar was besprekings oor onakkuraathede wat tydens die neem van DNS-monsters voorgekom het. Die tegnikus by die Walvisbaai Staathospitaal wat die monsters geneem het getuig. Lichtenstrasser, […]

Read More

Mnangagwa ‘dreig’ met inentings

Zimbabwe het reeds 1,635 miljoen dosisse Covid-entstof ontvang maar net 123 000 persone is sedert die eerste besending wat in Februarie aangekom het, ingeënt. Die regering hoop om teen die einde van die jaar 10 miljoen van sy 15 miljoen inwoners te ent. President Emmerson Mnangagwa het wat beskryf word as ‘n versteekte waarskuwing uitgereik […]

Read More

Skietery: Joost se broer onskuldig

Die rugbylegende Joost van der Westhuizen, se broer Pieter, sê hy is verlig oor die uitslag van die polisieondersoek wat hom van alle blaam onthef het ná die skietdood van twee gewapende rowers in ‘n kerk verlede jaar. Die ondersoek het bevind hy het uit selfverdediging opgetree toe hy die twee geskiet het toe hulle […]

Read More

Groenlig vir Ivermektien in SA

Die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, en drukgroepe vir die gebruik van Ivermektien as behandeling van Covid-19 pasiënte, het ‘n hofbevel verkry waarvolgens die gebruik van die middel nou wettig is. Die Hooggeregshof in Pretoria het die ooreenkoms bekragtig wat die twee party verlede week oor die gebruik van die middel bereik het. ‘n Woordvoerder van […]

Read More

Kim nou miljardêr

Forbes het bevestig die realiteitster Kim Kardashian is nou ‘n miljardêr. Dit is te danke aan haar winsgewende ondernemings, KKW Beauty, en haar Skims vormdrag-onderneming. Kardashian se netto waarde het sedert Oktober verlede jaar tot 14,5 miljard Namibiese doller opgeskiet, nadat sy 20 persent van haar belang in KKW Beauty vir ongeveer 2,9 miljard Namibiese […]

Read More

Meya, Bank Whk spook sake uit vandag

Regter Thomas Masuku het in Desember die Omeya Gholf- en Residensiële Oase in geregtelike bestuur geplaas onder die beheer van die Meester van die Hoërhof. Die reël nisi is vir vandag neergelê. Omeya het ‘n sogenaamde ex parte aansoek gebring dat die maatskappy voorlopig gelikwideer word maar Bank Windhoek, as hoof krediteur het dit teengestaan. […]

Read More

Ardern waarsku oor reisborrel met Australië

Die Eerste Minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, waarsku dat die kwarantyn-vrye reisborrel met Australië onmiddellik opgeskort sal word in die geval van ‘n moeilik-beheerbare Covid-19 uitbreking. Australië het volgens berigte reeds ongeveer 843 000 dosisse Covid-19 entstof toegedien, terwyl Nieu-Seeland byna 69 000 mense ingeënt het. Ardern sê die reisborrel tussen die twee lande is […]

Read More

Whk krematorium is weer oop

Die krematorium in Stad Windhoek is reggemaak nadat daar probleme met van die oond se komponente in Maart ervaar is. Die fasiliteit is vandag weer beskikbaar. Lydia Amutenya, Woordvoerder van Stad Windhoek sê daar is ‘n heelwat navraag as gevolg van die pandemie. Sy verduidelik.

Read More

Damme is vol…

Volgens die jongste dam bulletin van NamWater is daar meer as 1,9 miljoen kubieke meter in die afgelope week uit Hardapdam gepomp. Die dam, wat tans op 70,8 persent staan voorsien water vir die groenskema net noord van Mariental. Daar is geen syfers vir verdamping vir Neckartal bekend nie en die dam is tans op […]

Read More

Kredietverlening bly gedemp

IJG Sekuriteite sê kredietverlening aan die privaatsektor in Februarie is steeds gedemp. Krediet het met net 3,2 miljoen Namibiese doller toegeneem. Individue het 83,3 persent van al die krediet in die afgelope 12 maande opgeneem. Totale uitstaande skuld vir die privaatsektor is tans op 105,6 miljard Namibiese doller. Individue het in die afgelope 12 maande […]

Read More