Kim nou miljardêr

Forbes het bevestig die realiteitster Kim Kardashian is nou ‘n miljardêr. Dit is te danke aan haar winsgewende ondernemings, KKW Beauty, en haar Skims vormdrag-onderneming. Kardashian se netto waarde het sedert Oktober verlede jaar tot 14,5 miljard Namibiese doller opgeskiet, nadat sy 20 persent van haar belang in KKW Beauty vir ongeveer 2,9 miljard Namibiese doller aan die maatskappy Coty verkoop het. Sy is nou een van die 2 755 name op Forbes se wêreldlys vir miljardêrs. Die Amazon-stigter Jeff Bezos is bo-aan die lys.