Meya, Bank Whk spook sake uit vandag

Regter Thomas Masuku het in Desember die Omeya Gholf- en Residensiële Oase in geregtelike bestuur geplaas onder die beheer van die Meester van die Hoërhof. Die reël nisi is vir vandag neergelê. Omeya het ‘n sogenaamde ex parte aansoek gebring dat die maatskappy voorlopig gelikwideer word maar Bank Windhoek, as hoof krediteur het dit teengestaan. Bank Windhoek meen dat die ontwikkelaarsmaatskappy van Omeya eerder gelikwideer moet word as die onderneming. Andries van der Walt van Omeya het in sy stukke gesê hulle skuld 133 miljoen en 12 miljoen Namibiese doller aan Bank Windhoek en Eerste Nasionale Bank. Van der Walt sê dat terwyl die bates die onderneming se skuld ver oorskry is kontantvloei ‘n uitdaging. Hy het gevra dat die hof die onderneming onder voorlopige likwidasie plaas. Bank Windhoek se Anton de Wit meen die onderneming kan steeds suksesvol bedryf word en voeg by dat die onderneming nie ten volle eerlik was oor sy kontantvloei situasie nie. De Wit sê die verkoop van die Gholf-akademie aan die Omeya-huiseienaarsvereniging kan die nodige kontantvloei voorsien. Daar is reeds ‘n aanbod. Sake sal vandag uitgespook word met hoof argumente wat reeds ingedien is.