Damme is vol…

Volgens die jongste dam bulletin van NamWater is daar meer as 1,9 miljoen kubieke meter in die afgelope week uit Hardapdam gepomp. Die dam, wat tans op 70,8 persent staan voorsien water vir die groenskema net noord van Mariental. Daar is geen syfers vir verdamping vir Neckartal bekend nie en die dam is tans op 100,4 persent. Naute by Keetmanshoop is 104,9 persent terwyl Oanob 97,4 persent vol is. Bronne vir die suide is tans op 93,1 persent. In die sentrale gebied het die drie hoof damme 92,4 persent water met Von Bach op 81,4 persent. Swakoppoort is 98,5 persent vol en het 381 000 kubieke meter water ingeneem in die afgelope week. Die Omatakodam is 95,4 persent vol. Otjivero in die ooste het 57,5 persent water en die slukdam is 13 persent vol.