NIMT moordverhoor duur voort

Die moord verhoor van Ernst Lichtenstrasser duur vandag voor Regter Christie Liebenberg voort. Luidens die jongste berigte is die uitslae van DNS toetse onder die loep in die Hoërhof. Daar was besprekings oor onakkuraathede wat tydens die neem van DNS-monsters voorgekom het. Die tegnikus by die Walvisbaai Staathospitaal wat die monsters geneem het getuig. Lichtenstrasser, ‘n dosent by die Tsumeb kampus van die Namibiese Instituut van Mynbou en Tegnologie word daarvan beskuldig dat hy op 15 April 2019 die Uitvoerende Direkteur van NIMT Eckhart Mueller, 72, en Heimo Hellwig, 60, sy Adjunkdirekteur, by die Arandis kantoor doodgeskiet het.