Skietery: Joost se broer onskuldig

Die rugbylegende Joost van der Westhuizen, se broer Pieter, sê hy is verlig oor die uitslag van die polisieondersoek wat hom van alle blaam onthef het ná die skietdood van twee gewapende rowers in ‘n kerk verlede jaar. Die ondersoek het bevind hy het uit selfverdediging opgetree toe hy die twee geskiet het toe hulle tydens die kerkdiens in Centurion op hom afgestorm het. Nog ‘n vermeende rower het tydens die skietery gevlug. Van der Westhuizen sê hy is baie bly die dossier is gesluit: