Kredietverlening bly gedemp

IJG Sekuriteite sê kredietverlening aan die privaatsektor in Februarie is steeds gedemp. Krediet het met net 3,2 miljoen Namibiese doller toegeneem. Individue het 83,3 persent van al die krediet in die afgelope 12 maande opgeneem. Totale uitstaande skuld vir die privaatsektor is tans op 105,6 miljard Namibiese doller. Individue het in die afgelope 12 maande kumulatiewe skuld van 1,52 miljard doller gemaak teenoor net minder as 688 miljard doller vir besighede. Huislenings het op ‘n maand grondslag met 0,8 persent gegroei en afbetalingskrediet met 0,1 persent. Oortrokke fasiliteite het met 0,3 persent op dieselfde basis gegroei.