Groenlig vir Ivermektien in SA

Die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, en drukgroepe vir die gebruik van Ivermektien as behandeling van Covid-19 pasiënte, het ‘n hofbevel verkry waarvolgens die gebruik van die middel nou wettig is. Die Hooggeregshof in Pretoria het die ooreenkoms bekragtig wat die twee party verlede week oor die gebruik van die middel bereik het. ‘n Woordvoerder van een van die drukgroepe, Barend Uys van AfriForum, sê die hofbevel bied aan pasiënte en dokters meer sekerheid: