Ardern waarsku oor reisborrel met Australië

Die Eerste Minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, waarsku dat die kwarantyn-vrye reisborrel met Australië onmiddellik opgeskort sal word in die geval van ‘n moeilik-beheerbare Covid-19 uitbreking. Australië het volgens berigte reeds ongeveer 843 000 dosisse Covid-19 entstof toegedien, terwyl Nieu-Seeland byna 69 000 mense ingeënt het. Ardern sê die reisborrel tussen die twee lande is die begin van ‘n nuwe hoofstuk in die hantering van Covid-19: