Brand op Swakopmund verwoes 14 sinkhuise

‘n Brand het op Swakopmund in die Mondesa-woonbuurt uitgebreek wat 14 sinkhuise verwoes het. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die brand vermoedelik deur ‘n agtjarige seuntjie gestig is. Die seuntjie het glo weggehardloop en is nog nie gevind nie. Die owerhede is op die toneel en die ondersoek […]

Read More

Vloede in Wes-Europa eis meer as 100 lewens

Minstens 93 mense is in Duitsland dood en 12 in België nadat uiterste weerstoestande in Wes-Europa tot rekord-reënvalsyfers en die ergste oorstromings in dekades gelei het. Honderde mense word nog vermis en selfoonnetwerke is buite werking. Hewige oorstromings het ook in Nederland, Luxemburg en Switserland voorgekom. Politieke leiers plaas die skuld op klimaatsverandering wat deur […]

Read More

Verkeersbeampte vas oor omkoopgeld

Die Swakopmundse landdroshof het ‘n verkeersbeampte, die 40-jarige Simon Namiseb, wat daarvan beskuldig word dat hy omkoopgeld aanvaar het, op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat. Volgens die Teenkorrupsie-kommissie het die beskuldigde glo omkoopgeld van 2 000 Namibiese dollar van ‘n taxibestuurder ontvang in ruil daarvoor dat hy die gekonfiskeerde taxi teruggee. Die beampte […]

Read More

Agri SA sê verbod op verkope van petrol en diesel knel landbou

Die Suid-Afrikaanse regering se verbod om petrol en diesel in houers te verkoop om sodoende brandstigting en die opgaar van brandstof te stuit, wek kommer in die landboubedryf. Die Departement van Minerale Bronne en Energie het gister regulasies uitgereik wat kleinhandelverkope van petroleumprodukte in draagbare houers aan die publiek verbied. Die uitvoerende direkteur van Agri […]

Read More

SA suurlemoenboere kan baat by uitvoere na China

Suid-Afrika se sitruskwekersvereniging sê die pasgetekende sitrusprotokol tussen hom en China kan baie voordele inhou vir plaaslike suurlemoenboere. Die vereniging hoop werksgeleenthede sal as gevolg van die ooreenkoms geskep word. Die vennootskap beteken China sal ‘n belangrike uitvoermark vir plaaslike sitrusboere word. ‘n Woordvoerder, Hannes de Waal, voorspel sowat 15 000 werksgeleenthede kan op plase […]

Read More

Ramaphosa sê oproerigheid is aangehits

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê dit is baie duidelik dat die oproerigheid in Gauteng en KwaZulu-Natal aangehits is. Hy het gepraat by die Kwamashu-winkelstentrum tydens sy toesigbesoek aan die provinsie. Die President se besoek volg na die regering se gesprekke hierdie week met verskillende sektore in die samelewing, insluitend georganiseerde besigheid, geloofsleiers en politieke partye […]

Read More

Michaelangelo se vingerafdruk dalk gevind

Kenners glo hulle het dalk Michelangelo se vingerafdruk op ‘n klein wasbeeld in die Victoria & Albert Museum in Londen ontdek. Hulle het die merk raakgesien op die donkerrooi beeldjie wat ‘n model was vir ‘n groter, onvoltooide marmerbeeld wat die Italiaanse meester 500 jaar gelede gemaak het. Internasionale media berig dat die werk, “‘n […]

Read More

Reisigers na SA mag 25 kg vleis uit Namibië saamneem

Enige persoon wat van Namibië na Suid-Afrika reis (uitgesluit in transito deur Botswana), mag tot 25 kilogram vleis saamneem vir eie verbruik, volgens die Namibiese Landbou-unie. Hierdie hoeveelheid bevat ’n maksimum van 10 kiloggram biltong en gedroogde wors. Biltong en droëwors moet droog genoeg wees om gebreek te word. Hierdie toelaag is per persoon ouer […]

Read More

Polisie ontvang 20 000 gesigmaskers

Die Namibiese polisie het vanoggend ‘n skenking van 20 000 gesigmaskers ontvang. Die bekende Namibiese sakeman met belange in veral die noorde en ooste van die land, David Hipondoka het die maskers vir die polisiebeampte bekom. Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê die skenking sal lede beskerm.

Read More

Innoverende manier om ‘n skikking te hanteer

Die skikking in ‘n hoërhofsaak waar die Okahandja munisipaliteit 54 erwe bewillig het vir skuld van 2 miljoen Namibiese dollar in ‘n skikkingsooreenkoms is in die nuus. Die aanbod word as hoogs kreatief beskryf veral met die geskiedenis van Okahandja se finansiële bestuur in gedagte. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die bestuurskomitee […]

Read More