Agri SA sê verbod op verkope van petrol en diesel knel landbou

Die Suid-Afrikaanse regering se verbod om petrol en diesel in houers te verkoop om sodoende brandstigting en die opgaar van brandstof te stuit, wek kommer in die landboubedryf. Die Departement van Minerale Bronne en Energie het gister regulasies uitgereik wat kleinhandelverkope van petroleumprodukte in draagbare houers aan die publiek verbied. Die uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, sê hulle het die regering aangemoedig om die sektor se behoeftes in ag te neem.