Innoverende manier om ‘n skikking te hanteer

Die skikking in ‘n hoërhofsaak waar die Okahandja munisipaliteit 54 erwe bewillig het vir skuld van 2 miljoen Namibiese dollar in ‘n skikkingsooreenkoms is in die nuus. Die aanbod word as hoogs kreatief beskryf veral met die geskiedenis van Okahandja se finansiële bestuur in gedagte. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die bestuurskomitee by die dorpsraad, Charl Coetzee gepraat.