Ramaphosa sê oproerigheid is aangehits

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê dit is baie duidelik dat die oproerigheid in Gauteng en KwaZulu-Natal aangehits is. Hy het gepraat by die Kwamashu-winkelstentrum tydens sy toesigbesoek aan die provinsie. Die President se besoek volg na die regering se gesprekke hierdie week met verskillende sektore in die samelewing, insluitend georganiseerde besigheid, geloofsleiers en politieke partye wat in die parlement verteenwoordig is. Ramaphosa sê hulle soek na die opstokers en het reeds ‘n hele paar uitgeken.