Brand op Swakopmund verwoes 14 sinkhuise

‘n Brand het op Swakopmund in die Mondesa-woonbuurt uitgebreek wat 14 sinkhuise verwoes het. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die brand vermoedelik deur ‘n agtjarige seuntjie gestig is. Die seuntjie het glo weggehardloop en is nog nie gevind nie. Die owerhede is op die toneel en die ondersoek duur voort. Shapumba praat met Kosmos 94.1 Nuus.