Verkeersbeampte vas oor omkoopgeld

Die Swakopmundse landdroshof het ‘n verkeersbeampte, die 40-jarige Simon Namiseb, wat daarvan beskuldig word dat hy omkoopgeld aanvaar het, op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat. Volgens die Teenkorrupsie-kommissie het die beskuldigde glo omkoopgeld van 2 000 Namibiese dollar van ‘n taxibestuurder ontvang in ruil daarvoor dat hy die gekonfiskeerde taxi teruggee. Die beampte het na bewering beslag op die taxi gelê en dit by die Mondesa-polisiekantoor geparkeer.