SA suurlemoenboere kan baat by uitvoere na China

Suid-Afrika se sitruskwekersvereniging sê die pasgetekende sitrusprotokol tussen hom en China kan baie voordele inhou vir plaaslike suurlemoenboere. Die vereniging hoop werksgeleenthede sal as gevolg van die ooreenkoms geskep word. Die vennootskap beteken China sal ‘n belangrike uitvoermark vir plaaslike sitrusboere word. ‘n Woordvoerder, Hannes de Waal, voorspel sowat 15 000 werksgeleenthede kan op plase geskep kan word waar suurlemoene reeds aangeplant is.