Michaelangelo se vingerafdruk dalk gevind

Kenners glo hulle het dalk Michelangelo se vingerafdruk op ‘n klein wasbeeld in die Victoria & Albert Museum in Londen ontdek. Hulle het die merk raakgesien op die donkerrooi beeldjie wat ‘n model was vir ‘n groter, onvoltooide marmerbeeld wat die Italiaanse meester 500 jaar gelede gemaak het. Internasionale media berig dat die werk, “‘n Slaaf”, ‘n jong, naakte figuur uitbeeld met een arm oor sy gesig. Dit was deel van Michelangelo se voorbereidings vir pous Julius die Derde se graf in Rome.