Reisigers na SA mag 25 kg vleis uit Namibië saamneem

Enige persoon wat van Namibië na Suid-Afrika reis (uitgesluit in transito deur Botswana), mag tot 25 kilogram vleis saamneem vir eie verbruik, volgens die Namibiese Landbou-unie. Hierdie hoeveelheid bevat ’n maksimum van 10 kiloggram biltong en gedroogde wors. Biltong en droëwors moet droog genoeg wees om gebreek te word. Hierdie toelaag is per persoon ouer as twaalf jaar, beperk tot ’n maksimum van 4 persone wat in ’n groep reis.