Kommer oor sterftes in SA weens tuisgebroude drank

In Suid-Afrika is die Nasionale Raad vir Drankhandelaars diep besorg oor die skerp styging in sterftes as gevolg van onwettige, tuisgebroude alkohol. ‘n Woordvoerder, Lucky Ntimane, sê 19 mense is onlangs in die Oos-Kaap dood nadat hulle onwettige brousels gedrink het. Dit hou verband met die voortslepende verbod op alkoholverkope en -verbruik op en van […]

Read More

Vervoerverliese in SA gelykstaande aan 15 keer om die aardbol

Die aantal kilometer van vervoer wat die afgelope week weens die onluste verloor is, is gelykstaande aan ’n reis van 15 keer om die aardbol, volgens Netstar. Dié maatskappy, wat die inligting van voertuigopsporingstoestelle monitor, sê die inligting toon dat 613 000 km van aflewerings in net sewe dae deur net drie groot kliënte verloor […]

Read More

‘Wes-Kaapse taxi-vakbonde dra by tot taxigeweld’

Die Wes-Kaapse departement van vervoer sê leierskapgevegte in die provinsie se twee groot taxi-vakbonde dra by tot die toenemende taxigeweld daar. Duisende pendelaars is die afgelope week sonder vervoer gelaat nadat daar Maandagoggend vroeg skietvoorvalle aangemeld is wat die bedryf tot stilstand geruk het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.

Read More

Nampol waarsku oor nuwe slenter

Die Namibiese polisie het ‘n nuwe slenter aankondig met ‘n individu wat homself as ‘n polisiebeampte voordoen. Volgens die woordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het dit onder die aandag van die polisie gekom dat ‘n individu homself voordoen as hoofinspekteur Martin Josef Nekundi van die spesiale tak en dan geld eis dat ‘n ondersoek […]

Read More

China stel wêreld se vinnigste trein bekend

China het die wêreld se vinnigste trein bekend gestel en sê dit kan ‘n spoed van 600 kilometer per uur bereik. Die sneltrein is deur die land se staatsbeheerde Railway Rolling Stock Corporation ontwikkel en word ‘n maglev genoem. Dis ‘n afkorting van “magnetic levitation” of magnetiese swewing. ‘n Elektromagnetiese krag laat dit lyk asof […]

Read More

Magic Discounters se bestuurder, seun op borg van N$2 000

Die bestuurder van Magic Discounters op Walvisbaai en sy seun is borgtog van 2 000 Namibiese dollar elk in die Walvisbaai-landdroshof toegestaan en moet weer op 19 Augustus in die hof verskyn. Martin en Giandre Cordier staan tereg op klagte van crimen injuria en weerstand teen ‘n polisielid nadat hulle na bewering die winkel sonder […]

Read More

Korrektiewe Dienste hervat sy inentingsveldtog

Die nuwe besending van entstowwe het die inentingsveldtog van die Namibiese Korrektiewe Dienste ‘n hupstoot gegee. Kommissaris Sam Shalulange, hoof van die diens se sentrale personeel direktoraat sê inentings is onmiddellik hervat.

Read More

Goeie groei in eiendomsmark teenoor 2020

FNB se jongste navorsing toon baie goeie groei in die plaaslike eiendomsmark alhoewel die gemiddelde prys van verkope steeds laer is en tans rondom 1,2 miljoen Namibiese dollar beweeg. Die lae rentekoerse het ook bygedra tot tweede eiendomsaankope van duurder wonings. Frans Uusiku, FNB se navorsingsbestuurder verduidelik.

Read More

Vloede in China wek kommer, 12 reeds dood

Die dodetal ná dae se deurdringende stortreën en massiewe oorstromings in sentraal-China het tot 12 gestyg. Sowat 100 000 mense moes hulle huise in stede in die Henan-provinsie verlaat, insluitend die hoofstad Zhengzhou. Huise is verwoes, paaie het ineengestort en die moltreinstelsel is oorstroom. Weeragentskappe het die hoogste waarskuwingsvlak vir die provinsie uitgereik terwyl meer […]

Read More

Farmaseutiese firmas verdien miljarde op entstof

Johnson en Johnson sê hy sal vanjaar 2,5 miljard Amerikaanse dollar maak op die verkoop van sy Covid-entstof, wat baie minder is as die ander farmaseutiese maatskappye. Johnson en Johnson is volgens berigte agter op sy skedule vir verskaffing van sy entstof in beide Europa en die VSA en dit word ook minder gebruik as […]

Read More