Vervoerverliese in SA gelykstaande aan 15 keer om die aardbol

Die aantal kilometer van vervoer wat die afgelope week weens die onluste verloor is, is gelykstaande aan ’n reis van 15 keer om die aardbol, volgens Netstar. Dié maatskappy, wat die inligting van voertuigopsporingstoestelle monitor, sê die inligting toon dat 613 000 km van aflewerings in net sewe dae deur net drie groot kliënte verloor is. Die inligting toon dat van 10 tot 16 Julie het die kilometers wat afgelê is, in vergelyking met die vorige drie maande se kilometers, landwyd met 74% gedaal. Tussen die drie kliënte is bykans 30 000 ritte om goedere af te lewer gekanselleer of uitgestel.