Kommer oor sterftes in SA weens tuisgebroude drank

In Suid-Afrika is die Nasionale Raad vir Drankhandelaars diep besorg oor die skerp styging in sterftes as gevolg van onwettige, tuisgebroude alkohol. ‘n Woordvoerder, Lucky Ntimane, sê 19 mense is onlangs in die Oos-Kaap dood nadat hulle onwettige brousels gedrink het. Dit hou verband met die voortslepende verbod op alkoholverkope en -verbruik op en van persele. Ntimane sê kroeë en alkoholverkopers is ook swaar getref deur die onlangse wydverspreide plundering en onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal. Meer as 230 persele wat drank verkoop is in albei provinsies vernietig.