‘Wes-Kaapse taxi-vakbonde dra by tot taxigeweld’

Die Wes-Kaapse departement van vervoer sê leierskapgevegte in die provinsie se twee groot taxi-vakbonde dra by tot die toenemende taxigeweld daar. Duisende pendelaars is die afgelope week sonder vervoer gelaat nadat daar Maandagoggend vroeg skietvoorvalle aangemeld is wat die bedryf tot stilstand geruk het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.