China stel wêreld se vinnigste trein bekend

China het die wêreld se vinnigste trein bekend gestel en sê dit kan ‘n spoed van 600 kilometer per uur bereik. Die sneltrein is deur die land se staatsbeheerde Railway Rolling Stock Corporation ontwikkel en word ‘n maglev genoem. Dis ‘n afkorting van “magnetic levitation” of magnetiese swewing. ‘n Elektromagnetiese krag laat dit lyk asof die trein bokant die spoor sweef. Die spoorwegkorporasie se hoofingenieur, Liang Jianying, het aan die Chinese staatsmedia gesê die trein het minder onderhoud nodig en het ook laer vlakke van geraasbesoedeling.