Nampol waarsku oor nuwe slenter

Die Namibiese polisie het ‘n nuwe slenter aankondig met ‘n individu wat homself as ‘n polisiebeampte voordoen. Volgens die woordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het dit onder die aandag van die polisie gekom dat ‘n individu homself voordoen as hoofinspekteur Martin Josef Nekundi van die spesiale tak en dan geld eis dat ‘n ondersoek vinniger afgehandel word. Shikwambi bevestig dat daar nie so ‘n persoon in Nampol is nie en daar is geen manier is wat die polisie geld vir dienslewering vereis nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van die Namibiese polisie het lede van die publiek gewaarsku om op die uitkyk te wees vir sulke individue en by die polisie aan te meld.