Magic Discounters se bestuurder, seun op borg van N$2 000

Die bestuurder van Magic Discounters op Walvisbaai en sy seun is borgtog van 2 000 Namibiese dollar elk in die Walvisbaai-landdroshof toegestaan en moet weer op 19 Augustus in die hof verskyn. Martin en Giandre Cordier staan tereg op klagte van crimen injuria en weerstand teen ‘n polisielid nadat hulle na bewering die winkel sonder die toestemming van die polisie betree het wat deur die polisie afgesper was. Dit volg na ‘n brand omstreeks halfsewe Maandagoggend by die winkel uitgebreek het. Volgens die Namibiese polisie in die Erongo-streek is die oorsaak van die brand wat erge skade veroorsaak het, nog nie vasgestel nie.