Korrektiewe Dienste hervat sy inentingsveldtog

Die nuwe besending van entstowwe het die inentingsveldtog van die Namibiese Korrektiewe Dienste ‘n hupstoot gegee. Kommissaris Sam Shalulange, hoof van die diens se sentrale personeel direktoraat sê inentings is onmiddellik hervat.