Farmaseutiese firmas verdien miljarde op entstof

Johnson en Johnson sê hy sal vanjaar 2,5 miljard Amerikaanse dollar maak op die verkoop van sy Covid-entstof, wat baie minder is as die ander farmaseutiese maatskappye. Johnson en Johnson is volgens berigte agter op sy skedule vir verskaffing van sy entstof in beide Europa en die VSA en dit word ook minder gebruik as gevolg van die gevaar van bloedklonte. Pfizer sê hy sal 26 miljard Amerikaanse dollar verdien terwyl Moderna sy inkomste skat op 19,2 miljard Amerikaanse dollar. AstraZeneca verkoop nie sy entstof teen ‘n wins nie.