Kauta se pistool: Katjavivi dra geen kennis nie

Die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi het bevestig dat hy geen kennis dra oor die sogenaamde pistool wat aangedui is Patrick Kauta se sak by die Nasionale Raad, maar toe nie in die sak was nie. Kauta het in ‘n skrywe Katjavivi tot vandag gegee om ‘n antwoord te verskaf oor die […]

Read More

Alles is gereed vir skole om oop te maak

Die Namibiese onderwysministerie sê alles is gereed om skole volgende week Woensdag te heropen vir fisiese klasbywoning. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê kommunikasie in die verband sal ook uitgestuur word aan skole regoor die land. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat.

Read More

IRR in SA trek petisie op dat verkiesings gehou word

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika is van mening dat die plaaslike owerheidverkiesings in Oktober moet voortgaan en het ‘n petisie beskikbaar gestel om stemme te werf. Die verkiesing is vir 27 Oktober neergelê maar dit is nie duidelik of dit sal voortgaan nie. Duwayne Esau, die insituut se veldtogbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Otjinene isolasiesentrum verlig baie Covid-druk

Erwin Katjizeu-raadslid by die Omaheke-streekraad het meer besonderhede gegee oor die Otjinene Covid-19 isolasie-sentrum. Dis was volgens hom ‘n droom wat vinnig ’n werklikheid geword het om druk op die distrikshospitaal van Gobabis te verlig. Hy het verder gesê hierdie sentrum word ‘n gemeenskapsentrum genoem omdat dit die gemeenskap is wat met die fondse vorendag […]

Read More

Tifoon kom môre in Tokio aan

Internasionale nuusagentskappe berig dat die tifoon Nepartak na verwagting Dinsdag in Japan, en Tokio, sal aankom. Die land se weerdiens sê Nepartak sal wes beweeg en die oostelike en noordelike dele van die land tref wat van die Spele se aktiwiteite sal beïnvloed. Swaar reën, onstuimige seetoestande en sterk winde word verwag. Meer as 100mm […]

Read More

Hof toe oor olie en gas ontginning in buurland

Die South Durban Community Environmental Alliance vat die minister van die omgewing, Barbara Creecy, hof toe oor haar besluit om olie- en gas-eksplorasie langs die KwaZulu-Natalse en Oos-Kaapse kus goed te keur. Die organisasie het ‘n omvattende hersieningsaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien wat Creecy se toestemming aan Eni South Africa en Sasol […]

Read More

Royal Hotel in Pelgrimsrus verloor belegger

Die Forever Resorts Suid-Afrika-groep sê hulle gaan nie die Royal Hotel in die geskiedkundige dorp Pelgrimsrus in Mpumalanga koop nie, nadat daar gesprekke was dat die hotel gaan toemaak. Die voorsitter van die Mpumalanga-streekopleidingstrust, Sammy Makgoba, sê die hotel het ‘n netto verlies van meer as 700 000 Namibiese dollar gely in die 2019/20 boekjaar. […]

Read More

Israel het waarnemingstatus by AU

Reaksie word ontvang nadat Israel formele waarnemerstatus by die Afrika Unie gekry het. Die Israelse minister van buitelandse sake, Yair Lapid, het dit as ‘n diplomatieke prestasie bestempel tussen Israel en Afrika. Dit is volgens hom ‘n regstellende stap vir die anomalie wat byna twee dekades heers en is ‘n belangrike deel van die versterking […]

Read More

Nog lof vir Copps sowel as polisie

Die Namibiese minister van verdediging, en tot onlangs, van polisie, Frans Kapofi was Kosmos 94.1 se gas op die weeklikse Copps 94.1-program. Die program word deur G4S, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, ITR, EmedRescue 24 en Engen Eureka Service Station geborg. Kapofi het met Kosmos 94.1 Nuus oor die inisiatief gesels. Hy het sy […]

Read More

KZN: 55% van dorpe verwoes, 64% het voedseltekorte

Volgens ‘n opname deur die KwaZulu-Natalse Landbou-vereniging is 55 persent van die plattelandse dorpe in die provinsie deur die onluste vernietig, en 64 persent ervaar tans voedseltekorte. ‘n Woordvoerder, Sandy la Marque, sê hoewel daar moontlik genoeg voedsel onderweg is vanaf ander bronne in die land, het die veilige verspreiding daarvan steeds ‘n uitwerking op […]

Read More