Hof toe oor olie en gas ontginning in buurland

Die South Durban Community Environmental Alliance vat die minister van die omgewing, Barbara Creecy, hof toe oor haar besluit om olie- en gas-eksplorasie langs die KwaZulu-Natalse en Oos-Kaapse kus goed te keur. Die organisasie het ‘n omvattende hersieningsaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien wat Creecy se toestemming aan Eni South Africa en Sasol uitdaag. Indien die projek voortgaan, sal ses eksplorasieputte tussen Oos-Londen en St Lucia geboor word. Creecy het aangedui sy gaan die aansoek teenstaan.