Alles is gereed vir skole om oop te maak

Die Namibiese onderwysministerie sê alles is gereed om skole volgende week Woensdag te heropen vir fisiese klasbywoning. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê kommunikasie in die verband sal ook uitgestuur word aan skole regoor die land. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat.