Tifoon kom môre in Tokio aan

Internasionale nuusagentskappe berig dat die tifoon Nepartak na verwagting Dinsdag in Japan, en Tokio, sal aankom. Die land se weerdiens sê Nepartak sal wes beweeg en die oostelike en noordelike dele van die land tref wat van die Spele se aktiwiteite sal beïnvloed. Swaar reën, onstuimige seetoestande en sterk winde word verwag. Meer as 100mm reën word in die omgewing van Tokio binne die volgende 24 uur verwag. Die Spele se organiseerders sê alle byeenkomste sal voortgaan behalwe boogskiet en roei wat uitgestel is.