Otjinene isolasiesentrum verlig baie Covid-druk

Erwin Katjizeu-raadslid by die Omaheke-streekraad het meer besonderhede gegee oor die Otjinene Covid-19 isolasie-sentrum. Dis was volgens hom ‘n droom wat vinnig ’n werklikheid geword het om druk op die distrikshospitaal van Gobabis te verlig.

Hy het verder gesê hierdie sentrum word ‘n gemeenskapsentrum genoem omdat dit die gemeenskap is wat met die fondse vorendag gekom het en hulle sal toesien dat die sentrum dienooreenkomstig bestuur word…