KZN: 55% van dorpe verwoes, 64% het voedseltekorte

Volgens ‘n opname deur die KwaZulu-Natalse Landbou-vereniging is 55 persent van die plattelandse dorpe in die provinsie deur die onluste vernietig, en 64 persent ervaar tans voedseltekorte. ‘n Woordvoerder, Sandy la Marque, sê hoewel daar moontlik genoeg voedsel onderweg is vanaf ander bronne in die land, het die veilige verspreiding daarvan steeds ‘n uitwerking op die tekorte. Sy sê ‘n voorval hierdie naweek het getoon die veiligheid van vragmotors wat voedsel aflewer, moet voorop gestel word: