Nog lof vir Copps sowel as polisie

Die Namibiese minister van verdediging, en tot onlangs, van polisie, Frans Kapofi was Kosmos 94.1 se gas op die weeklikse Copps 94.1-program. Die program word deur G4S, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, ITR, EmedRescue 24 en Engen Eureka Service Station geborg. Kapofi het met Kosmos 94.1 Nuus oor die inisiatief gesels.

Hy het sy tevredenheid uitgespreek oor die verbintenis van die owerhede tot die nakoming van die maatreëls.