IRR in SA trek petisie op dat verkiesings gehou word

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika is van mening dat die plaaslike owerheidverkiesings in Oktober moet voortgaan en het ‘n petisie beskikbaar gestel om stemme te werf. Die verkiesing is vir 27 Oktober neergelê maar dit is nie duidelik of dit sal voortgaan nie. Duwayne Esau, die insituut se veldtogbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…